Wie is ons?

Isabel’s is ‘n volwaardige Entrepeneurs Inmaak- en Konfyt- vervaardiger in die omgewing van die skilderagtige Seweweekspoort op die grens van die Groot en Klein Karoo.

Wie is Ons?

Die onderneming is in 2010 uit nood gebore… Eers is net perskes ingemaak, maar die vraag na verskillende konfytsoorte het begin en die aanvraag vergroot, totdat die kook van konfyt ook deel van die produktelys geword het.

Vinnig het Isabel’s tot ‘n besigheid gegroei wat landwyd produkte lewer.

Die Swartberg area is bekend vir sy sagtevrugte van uiters hoë gehalte. Die meeste van die vrugte wat gebruik word, word van die omliggende area ingekoop. Alle verwerking vind in die plaaskombuis plaas waar sowat 35 ton vrugte jaarliks verwerk word.

Isabel’s se span bestaan uit ongeveer 17 tydelike werknemers wat gedurende piektyd – Jan tot April – in diens is. In die maande daarna staan ons beslis nie stil nie! Die 3 permanente werkers en 4 tydelike werkers wat in diens is, verwerk dan die produkte soos dit in seisoen is.

‘n Baie goeie werksverhouding bestaan tussen die wernemers en werkgewer en ervaar ‘n eenheidsgevoel waar ons mekaar se vreugde en hartseer deel.

Ons Produkte

  • Konfyte

  • Ander Produkte

Kontak Ons

  • Rietvlei Plaas
  •  33°22’02”S - 21°15’21”E
  •     Laingsburg
  •  +27 (0) 83 230 3199
  • isabels@mweb.co.za
  •  Facebook